Ek en Derek wil net spesiaal dankie se vir jou aanbeveling na dr Danie van Aswegen. Dankie dat jy 'n afspraak gereel het dat hy my Ma kon ontmoet en vroegtydig vir haar 'n leer kon oopmaak voordat sy siek geword het. Ons is baie gelukkig met hom. Dankie ook dat jy gereel het dat haar voorskrifte oorgeplaas word na Circle Apteek wat haar medisyne kom aflewer. Baie dankie ook vir jou reelings sodat Christan haar rekenings kry en kan betaal. Christan het ook sy korrespondensie met jou oor die reelings t.o.v. die Power of Attorney aangestuur na my toe. Baie dankie vir jou behulpsaamheid en geduld en vriendelikheid ten spyte van die baie keer wat hy moes terugkom na jou toe omdat die Bank nog eise gestel het!! Ek wil net he dat jy weet dat ons jou toewyding en harde werk raaksien en baie waardeer.  Baie dankie ook vir jou en die ander personeel se opoffering om maande lank op die perseel te gebly het om na die inwoners te kyk. Ons besef dat julle skielik en ongevraagd 'n groot verantwoordelik op julle skouers gekry het en onder baie stres is. Ons bid dat die Here julle sal seen en die wysheid en krag sal gee wat julle nodig het om deur hierdie krisistyd te kan kom. Ons bid vir jou en die ander personeel, asook die inwoners. Vriendelike groete, Petro en Derek Erasmus  July 2020

Donate

R
R
Shopping cart
There are no products in the cart!
Continue shopping
0